Ons Skool
By Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy/haar totaliteit volgens Christelike norme op te voed.
SKOOL URE
M-V: 7:30vm – 2:00nm
ADRES
Skoolstraat, Vredendal, 8160
E-POs ADRES
admin@laerskoolvredendal.co.za
TELEFOON No
027 213 3016
Uit die Hoof se pen
In Vredendal met sy rustige, ruim en plattelandse atmosfeer is ‘n skool gevestig en gebaseer op Christelike Normes en Waardes. Ons is dankbaar dat ons ‘n skool kan wees waar ons “Kinderdrome vlerke gee” en ‘n toekomsvisie van tradisie en hoër hoogtes kan nastreef. Dit is ‘n voorreg om met kosbare kinders van ons Hemelse Vader en ouers te kan werk.
Vir ons is dit belangrik dat elke kind die geleentheid ontvang om teen sy eie tempo te ontwikkel. Sodoende vind holistiese groei plaas en word leerders toegerus om hul plek in die samelewing vol te kan staan. Ons glo in waardegedrewe onderwys waar ons ‘n aangename leeromgewing skep vir beide kinders, personeel en ouers. As skool het ons ‘n oopdeurbeleid en ons waardeer positiewe insette vanaf die gemeenskap.
Ons akademiese standaard is baie belangrik vir die skool en met harde werk van talle rolspelers kan ons met trots sê dat ons in ons doel slaag. Op buite-kurrikulêre gebied presteer ons kinders baie goed teen die bestes en is welbekend vir spogprestasies.
Laerskool Vredendal se personeel, leerders en ouers is soos ‘n groot familie waar ons as ‘n span saamwerk om die sukses van ons skool te bewerkstellig.
Ons streef na uitmuntendheid en soos ons leuse sê: MY PLIG MY EER !
Baie welkom by LSV se Webblad

Mnr. Riaan van der Watt
Skoolhoof
Skool Nuus
ONS MISSIE
By die Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy totaliteit volgens Christelike norme op te voed en in die proses aandag te gee aan:
- intellektuele groei
- die ontwikkeling van vaardighede en verhoudings
- die bou van ‘n gesonde selfbeeld en besef van eie waarde
- die handhawing van gesonde menseverhoudings en
- hoë morele beginsels
Om sodoende ‘n ordelike omgewing te skep waarbinne die kind gelukkig kan ontwikkel om as n gebalanseerde en verantwoordelike volwassene sy plek in die samelewing te kan volstaan.
ONS VISIE
Laerskool Vredendal bied stabiliteit en die geleentheid vir elkeen om gelukkig en geborge te voel. Daarom integreer ons akademie, kultuur en sport sodat gesonde geestelike, emosionele en sosiale waardes gekweek word.
Dit verseker dat elkeen sy plek kan volstaan as verantwoordelike landsburgers.
Ons Waardes
NEDERIGHEID
INTEGRITEIT
VRIENDELIKHEID
SELFDISSIPLINE
GOEDHARTIGHEID
LOJALITEIT
Hoofseun & Hoofdoger
Stefan Heyns
Daar is vir my geen groter voorreg as om 2025 ‘n hoofleier van LSV te wees nie. Ek is dankbaar vir die platform om my geloof en waardes uit teleef. Dis vir my ‘n uitdaging om my mede leerders van LSV te inspireeren aan te moedig om elke dag te streef daarna om ‘n Dallerkampioen tewees.
Ek wil graag ‘n omgewing van aanvaarding help skep vir die neurodiverse leerders ook. Dit is vir my belangrik dat elke leerder, ouersen onderwysers moet deel voel van die LSV familie. Ek wil help om LSV ‘n plek van aanvaarding, veiligheid en liefde te maak, waar elkeen syvolle potensiaal kan bereik.
Mareli van der Westhuizen
Ek staan vandag hier voor julle as die trotse hoofmeisie van hierdie wonderlike skool, Laerskool Vredendal. Dit is ‘n ongelooflike eer en voorreg om die verantwoordelikheid aan te neem om as hoofmeisie van ons skool te dien. Ek is baie opgewonde vir 2025 met al sy moontlikhede en uitdagings.
My visie is om elkeen te inspireer om deel te neem aan al ons skool se aktiwiteite, sou dit nou wees sport of kultuur. Ons het die vermoë om ‘n ongelooflike inpak te maak – nie net op onsself nie, maar op die mense om ons. #Dallerkampioene.
Ek wil graag aan elke leerder vra, maak ‘n leuse vir jouself, om die jaar aan vas te hou. Sê vir jouself; “Ek moet onthou dat ek kosbaar en spesiaal is en EK wil eerlik en opreg my doel bereikin 2025.”
Soos Cyrus A. Bartol; “Laat jou karakter soos ‘n diamant wees, wat sy merk op ander oppervlaktes laat.”
Leerderverteenwoordigers 2025

Sterkte aan al ons atlete wat die naweek aan Sone deelneem! 💪🔥
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Gee julle beste, glo in julleself en geniet elke oomblik op die baan. Hardloop met hart, moed en trots.
Hier is nog n paar onthou oomblikke van die klereatletiek.
Volg die skakel om al die foto's van ons kleureatletiek te sien.
drive.google.com/drive/folders/1V8GdiE8LJF1NaiFmGSsv_tD-dLFBG9Ez?usp=sharing ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Lekker deur die album gekyk...Elke gesiggie spreek boekdele van genot en plesier.Dis mos die gees van gesonde,energieke kinders!!!!👏👏👏❣❣❣
Welgedaan en sterkte vir al die atlete!
Baie geluk juffrou Magdel. ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baie geluk!
Baie geluk
Baie baie geluk liewe magdel
Baie geluk
Baie geluk liewe Magdel!
Baie geluk Magdel!
Baie geluk! Jy moet lekker verjaar. 🎂🎉
Baie geluk liewe Magdel Gagiano‼️ Weet sommer dit gaan 'n heerlike bederfdag wees - geniet elke oomblik🎂🎉🎊🥳‼️
Weereens baie geluk!!!! NET DIE MOOISTE WENSE!❤️
Baie geluk met jou verjaarsdag
Baie geluk Juffrou Magdel
Baie geluk Magdel.
Mooi mense daar in Vredendal, my wereld daai!
View more comments
KLEUREATLETIEK 2026💛💚
Na 'n heerlike dag op die atletiekbaan, stap die Geelspan met die puntebeker weg. Die Groenspan se gees was uitsonderlik en hulle wen die geesbeker. Baie geluk aan albei spanne!
Ons is trots op al ons Daller-atlete.
Laai gerus die Roster Athletics toepassing af vir volledige uitslae van al die items. 'n Eerste vir skole-atl#dallertrotsa#dallerkampioener#dallerbaanbrekersaanbrekers ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Dag was een groot fees.
Mooi Geel Span
Ons Graad 1-leerders het op Vrydag,16 Januarie 2026, hulle klokluiseremonie gehad. ’n Besondere tradisie waarmee ons ons nuwe leerders by die skool verwelkom. Die lui van die klok simboliseer die begin van hul skoolloopbaan by Laerskool Vredendal. Wanneer hulle Graad 7 die skool verlaat, sal hulle weer die klok lui. As teken van ’n pad wat voltooi is en herinneringe wat vir altyd bly.
Sterkte aan al ons graad 1-leerders.
#2038matrieks ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Die kindertjies is te ougat. N mens wil hulle net vrek druk. Die haasbekkies is so oulik.
Pragtige groep 🎈
✨️🇿🇦
Is jy geel of is jy groen?
Nee, ons is Dallers...
Ons is sterk besig met voorbereiding vir atletiek, groen en geel, almal saam maak ons 'n sterker span, maar kom Donderdag en Vrydag... ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
LV-KAMP 2026
Ons leerderverteenwoordigers van 2026 het hierdie naweek 'n leierskapkamp op Strandfontein bygewoon. Ons LV's het baie geleer, baie gespeel en hope spangees gebou. Wat 'n voorreg!
Baie dankie aan elke ouer en onderwyser wat hierdie ontwikkelingsgeleentheid vir ons leiers moontli#reënboogwaardesr#dallerkampioenedallerkampioene ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Lekker bedrywige naweek! Kinders dit baie geniet. Dankie Laerskool Vredendal
Wat n ‘great’ naweek!!👊
Jul is awesome
Pragtige kinders bymekaar
toe ek laas op strandfontein was, was daar een karavaan en n matjies-huis op die strand, en kyk hoe lyk die plek nou, die weskussers sit nie stil nie en die vredendallers ken van kampeer en kos maak, ek is nou skoon honger as ek al daai swart potjies op die kole sien!
View more comments