Ons Skool
By Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy/haar totaliteit volgens Christelike norme op te voed.
SKOOL URE
M-V: 7:30vm – 2:00nm
ADRES
Skoolstraat, Vredendal, 8160
E-POs ADRES
admin@laerskoolvredendal.co.za
TELEFOON No
027 213 3016
Uit die Hoof se pen
In Vredendal met sy rustige, ruim en plattelandse atmosfeer is ‘n skool gevestig en gebaseer op Christelike Normes en Waardes. Ons is dankbaar dat ons ‘n skool kan wees waar ons “Kinderdrome vlerke gee” en ‘n toekomsvisie van tradisie en hoër hoogtes kan nastreef. Dit is ‘n voorreg om met kosbare kinders van ons Hemelse Vader en ouers te kan werk.
Vir ons is dit belangrik dat elke kind die geleentheid ontvang om teen sy eie tempo te ontwikkel. Sodoende vind holistiese groei plaas en word leerders toegerus om hul plek in die samelewing vol te kan staan. Ons glo in waardegedrewe onderwys waar ons ‘n aangename leeromgewing skep vir beide kinders, personeel en ouers. As skool het ons ‘n oopdeurbeleid en ons waardeer positiewe insette vanaf die gemeenskap.
Ons akademiese standaard is baie belangrik vir die skool en met harde werk van talle rolspelers kan ons met trots sê dat ons in ons doel slaag. Op buite-kurrikulêre gebied presteer ons kinders baie goed teen die bestes en is welbekend vir spogprestasies.
Laerskool Vredendal se personeel, leerders en ouers is soos ‘n groot familie waar ons as ‘n span saamwerk om die sukses van ons skool te bewerkstellig.
Ons streef na uitmuntendheid en soos ons leuse sê: MY PLIG MY EER !
Baie welkom by LSV se Webblad

Mnr. Riaan van der Watt
Skoolhoof
Skool Nuus
ONS MISSIE
By die Laerskool Vredendal streef ons daarna om die kind as individu in sy totaliteit volgens Christelike norme op te voed en in die proses aandag te gee aan:
- intellektuele groei
- die ontwikkeling van vaardighede en verhoudings
- die bou van ‘n gesonde selfbeeld en besef van eie waarde
- die handhawing van gesonde menseverhoudings en
- hoë morele beginsels
Om sodoende ‘n ordelike omgewing te skep waarbinne die kind gelukkig kan ontwikkel om as n gebalanseerde en verantwoordelike volwassene sy plek in die samelewing te kan volstaan.
ONS VISIE
Laerskool Vredendal bied stabiliteit en die geleentheid vir elkeen om gelukkig en geborge te voel. Daarom integreer ons akademie, kultuur en sport sodat gesonde geestelike, emosionele en sosiale waardes gekweek word.
Dit verseker dat elkeen sy plek kan volstaan as verantwoordelike landsburgers.
Ons Waardes
NEDERIGHEID
INTEGRITEIT
VRIENDELIKHEID
SELFDISSIPLINE
GOEDHARTIGHEID
LOJALITEIT
Hoofseun & Hoofdoger

Stefan Heyns
Daar is vir my geen groter voorreg as om 2025 ‘n hoofleier van LSV te wees nie. Ek is dankbaar vir die platform om my geloof en waardes uit teleef. Dis vir my ‘n uitdaging om my mede leerders van LSV te inspireeren aan te moedig om elke dag te streef daarna om ‘n Dallerkampioen tewees.
Ek wil graag ‘n omgewing van aanvaarding help skep vir die neurodiverse leerders ook. Dit is vir my belangrik dat elke leerder, ouersen onderwysers moet deel voel van die LSV familie. Ek wil help om LSV ‘n plek van aanvaarding, veiligheid en liefde te maak, waar elkeen syvolle potensiaal kan bereik.

Mareli van der Westhuizen
Ek staan vandag hier voor julle as die trotse hoofmeisie van hierdie wonderlike skool, Laerskool Vredendal. Dit is ‘n ongelooflike eer en voorreg om die verantwoordelikheid aan te neem om as hoofmeisie van ons skool te dien. Ek is baie opgewonde vir 2025 met al sy moontlikhede en uitdagings.
My visie is om elkeen te inspireer om deel te neem aan al ons skool se aktiwiteite, sou dit nou wees sport of kultuur. Ons het die vermoë om ‘n ongelooflike inpak te maak – nie net op onsself nie, maar op die mense om ons. #Dallerkampioene.
Ek wil graag aan elke leerder vra, maak ‘n leuse vir jouself, om die jaar aan vas te hou. Sê vir jouself; “Ek moet onthou dat ek kosbaar en spesiaal is en EK wil eerlik en opreg my doel bereikin 2025.”
Soos Cyrus A. Bartol; “Laat jou karakter soos ‘n diamant wees, wat sy merk op ander oppervlaktes laat.”
Leerderverteenwoordigers 2025

Ons graad 7's was bevoorreg om Mnr. Pieter FouchéFEDSASEDSAS as 'n gas by ons gr.7-afskeid te hê.
Dankie FEDSAS vir julle betrokkenheid in ons streek, ons skole en ons kinders se opv#ysterslypysterr#dallerkampioenerkampioene ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Dit was 'n groot voorreg om saam met julle te kon kuier op die GR 7's se spesiale aand. Baie sterkte met julle eksamen. Mag jy oor alles droom wat geld nie kan koop nie!
Baie sterkte aan Edlyn Adams en Mareli van der Westhuizen wat vanmiddag hul UNISA teorie eksamens aflê.
#dallerkampioene
#dallersterkte ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Fokus....musiek is so n mooi taal...in klank...
Sterkte jul 2kies‼️ Dit sal goed gaan🎵🎶🙏‼️
Sterkte vir julle 2
Sterkte vir julle twee
7
View more comments
Aan al die matrieks van 2025 wens ons alle sterkte toe met die eindeksamen wat môre begin!
Julle bly altyd ons Daller kampioene van 2020 en onthou...harde werk gee kinderdrome vlerke!
#dallerkampioene
#hardewerkgeedromevlerke ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Ja...wees getrou in toewyding.Rus sonder ander stimulasie soos selfoon of televisie.Spaar jou brein vir fokus op dit wat saakmaak. Sterkte...mag dit billike vraestelle wees...
MOMENTS TO MEMORIES - INTERSENFASE KONSERT
Ons konsert skop môreaand amptelik af! Wat 'n reis om te beleef deur al die emosies van 'n laerskoolleerder.
Indien u nog nie 'n kaartjie het nie, spring gou...daar sal ook vanaf 17:30 by die deure kaartjies verkoop word indien daar nog beskikbaar is (slegs kontant).
Moenie hierdie ongelooflike reis misloop nie.
Sien u by#dallertrots!#dallerkampioened#momenttomemoriesomenttomemories ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baie geluk aan Leentjie Swanepoel en Aliana Beukes wat in die 0/15 Weskus-Noord Tennisspan opgeneem is. Hulle gaan 31 Okt - 1Nov die span by die Hoërskool Platteland Toernooi te Worcester verteenwoordig.
Baie sterkte julle twee. Ons is trots op julle🎾
#dallerkampioene
#dallertrots ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Baaaaie geluk!!!!
View more comments
Weskus wen silwermedalje by Platteland Toernooi - 17 tot 19 Oktober.
Aliana Beukes, Leentjie Swanepoel en Leighton Saal was deel van die O/13 Weskusspan en Mia Swanepoel, Rihandi van Zyl en Jana vd Westhuizen was deel van die O/10 Weskusspan.
Beide spanne eindig 2de in die Platteland Toernooi waar 4 streke teen mekaar meegeding het.
Mareli vd Westhuizen het uitgehelp vir die O/13 Overbergspan wat 3de geëindig het.
Puik tennis is gespeel tydens die drie dae toernooi. Ons is trots op elke speler wat ons skool verteenwoordig het.
#dallerkampioene
#dallertrots ... See MoreSee Less
Comment on Facebook
Well done! Trots op julle!
Baie geluk julle!
Baie geluk julle. !!
Well done julle 💪💪
MOOOOOOIIIII!!!👏👏👏👏👏👏👏🥇🏅🥇🏅🥇🏅🥇
View more comments